Frankenstein

Frankenstein;
or, The Modern Prometheus
Volume I, eerste uitgawe.

SkrywerMary Shelley
LandEngeland
TaalEngels
GenreGotiese roman, rillerfiksie, wetenskapsfiksie[1]
UitgewerLackington, Hughes, Harding, Mavor & Jones
Uitgegee1 Januarie 1818 (1818-01-01)
Bladsye280

Frankenstein; or, The Modern Prometheus is 'n roman van 1818 deur die Engelse skrywer Mary Shelley. Frankenstein vertel die verhaal van Victor Frankenstein, 'n jong wetenskaplike wat in 'n onortodokse wetenskaplike eksperiment 'n intelligente wese skep. Shelley het die storie begin skryf toe sy 18 jaar oud was, en die eerste uitgawe is op 1 Januarie 1818, toe sy 20 was, naamloos in Londen gepubliseer. Haar naam verskyn die eerste keer in die tweede uitgawe, wat in 1821 in Parys gepubliseer is.

'n Illustrasie van Boris Karloff as Frankenstein se monster op 'n styl B-plakkaat vir die rolprent van 1931.

Shelley het in 1815 deur Europa getoer. Sy het met die Ryn in Duitsland langs gereis en Gernsheim besoek, wat 17 km van Frankenstein-kasteel af is. Vroeër het 'n alchemis (Johann Konrad Dippel, 1673-1734) daar eksperimente gedoen.[2][3][4]

Sy is van daar na Genève, Switserland, waar 'n groot deel van die verhaal afspeel. Chemiese eksperimente en die okkultisme was gespreksonderwerpe van haar medereisigers, onder andere haar toekomstige man, Percy Shelley.

In 1816 het Mary, Percy, John Polidori en Lord Byron 'n kompetisie gehad om te kyk wie die beste rillerverhaal kan skryf.[5] Shelley is geïnspireer om Frankenstein te skryf nadat sy haar 'n wetenskaplike voorgestel het wat lewe skep en met afsku vervul is oor wat hy gedoen het.[6]

Hoewel Frankenstein vol elemente van die Gotiese roman en die Romantiese beweging is, meen Brian Aldiss dit is die eerste ware wetenskapsfiksieverhaal.[7] Die roman het 'n aansienlike invloed op die letterkunde en op die moderne kultuur gehad; dit het gelei tot 'n hele genre van rillerstories, rolprente en toneelstukke.

Sedert die publikasie van die roman word die naam "Frankenstein" dikwels verkeerdelik gebruik om na die monster te verwys, eerder as na die skepper daarvan.[8][9]

  1. Stableford, Brian (1995). "Frankenstein and the Origins of Science Fiction". Anticipations: Essays on Early Science Fiction and its Precursors. Syracuse University Press. 47–49. ISBN 978-0815626404. 
  2. Hobbler, Dorthy en Thomas. The Monsters: Mary Shelley and the Curse of Frankenstein. Back Bay Books; 20 August 2007.
  3. Garrett, Martin. Mary Shelley. Oxford University Press, 2002
  4. Seymour, Miranda. Mary Shelley. Atlanta, GA: Grove Press, 2002. pp. 110–11
  5. McGasko, Joe. "Her 'Midnight Pillow': Mary Shelley and the Creation of Frankenstein". Biography. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2019. Besoek op 18 Februarie 2019.
  6. "The Project Gutenberg eBook of Frankenstein: or, The Modern Prometheus, by Mary W. Shelley". www.gutenberg.org. Besoek op 29 Desember 2022.
  7. Aldiss, Brian Wilson (1995). The detached retina : aspects of SF and fantasy. Internet Archive. Syracuse, N.Y. : Syracuse University Press. ISBN 978-0-8156-2681-7.
  8. Bergen Evans, Comfortable Words, New York: Random House, 1957
  9. Bryan Garner, A Dictionary of Modern American Usage, New York, Oxford: Oxford University Press, 1998.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy